Die magte van William, die Prins van Oranje, het die magte van sy skoonvader, 
James Stuart, veslaan tydens die Veldslag van Boyne. Dit was egter ne 'n 
familietwis nie maar wel 'n draaipunt in die Europese geskiendenis. Dit was 
tydens "The Twelfth" herdenking van die Williamitiese oorwinning in 1690.
Koning James II was 'n sterk verdediger van die leerstellings van: "die 
Godsdienstige Regte van Konings" soos wat dit uitgevoer was in Frankryk deur die 
"Son Koning" Louis XIV. Louis was die absolute alleen diktator van Frankryk en 
James wou dieselfde diktatorskap in Engeland, Skotland en Ierland implementeer. 
In Engeland het die beginsel gevestig geraak dat gekose verteenwoordigers van 
verskillende sake die koning se aksies moes dophou en dat die verteenwoordigers 
dan by magte sou wees om wette te maak. Dit was egter onder geen omstandighede 
demokraties nie, dit was slegs 'n tree weg van "alleenheerskappy". Daarom is dit 
nie verbasend nie dat James sterk teenkanting ondervind het wat gelei het tot sy 
val deur William, en uiteindelik tot sy finale neerlaag tydens die Slag van 
Boyne.
Die troonbestyging van William en Mary was 'n vooruitstrewende stap vir die 
Britse volk. Die Stuarts se baasspelerige alleenmag was omver gewerp en die 
Konstitusionale Heerskappy sowel as die parlementere regeringstelsel is gevestig. 
(Ons weet verseker dat die parlementere verteenwoordigende stelsel nie volkome 
demokraties is nie. Alhoewel dit beter is as die 
koninklike baasspelerige heerskappy wat James verteenwoordig het.)
Vandag word die beperkte vryheid steeds onthou wat verkry is deur die Roemryke 
Revolusie. Om die Williamitiese oorwinning te herdenk is vandag dus nie 'n 
sektariese rookskerm herdenking nie. "The Twelfth" is Europa se grootste 
inheemse volkekundige - en kulterele feesviering, dit verbind ook onbetwisbaar 
Ulster met Europa, geskiedkundig en kultureel. Dit bevestig een van die grootste 
spilpunt datums in die Europese geskiedenis. 1690 Was die jaar van Europese 
Vryheid en daarom moet ons 1690 onthou.
 
Thanks to Hugo 
from the Eastern Transvaal for this Afrikaans translation.